RSS Feed

Maak reg vir Oppiwa 2016

0

August 6, 2014 by j@cobs-admin

oppiwa pic

Oppiwa-waens, elk met sy eie kunstenaar, vertrek na verskeie gastefamilies in Jacobsbaai. Tydens die rit van sowat twee ure deur die stofstrate van dié klein kusdorpie, geniet gaste die spesiaal-ontwerpte vertoning van die kunstenaar, saam met van die beste wyn uit die Weskusstreek – en natuurlik koeldrank vir die kinders. Aan huis van die gastefamilie word versnaperinge bedien voordat die tweede helfte van die vertoning op die terugtog voltooi word.


Oppiwa Ondersteun Jacobsbaai.

0

November 16, 2012 by j@cobs-admin

10606190_581624305276260_33150304564344378_n

OPPIWA ONDERSTEUN JACOBSBAAI!!!   Oppiwa is deur lede van die Jacobsbaai gemeenskap op die been gebring om geld in te samel vir die ontwikkeling van Jacobsbaai as ‘n toeriste bestemming. Behalwe die publisiteit wat Oppiwa vir Jacobsbaai genereer het ons dan hierdie jaar ook ‘n finansiele bydra kon maak tot Jacobsbaai vir hierdie doel.   Die Oppiwa kommitee het dit goed gedink om geld te bewillig vir die aanbou van ‘n wandelpad langs die Jacobsbaai kuslyn sodat inwoners en kuiergaste makliker toegang tot ons wonderlike natuurskoon kan he. Die projek word deur die Jacobsbaai Belasting Betalers Vereniging bedryf en deur …
lees meer


Oppiwa – 2012 Afsluitingswoorde

2

July 29, 2012 by j@cobs-admin

Steve Hofmeyr Oppiwa

Oppiwa – 2012 Afsluitingswoorde Johan Bakkes Vrydagaand, in opdrag van Willie, het ek ‘n lys bedankings gedoen. Ek het toe die opmerking gemaak dat dit nogal snaaks is om voor die tyd vir mense dankie te sê – wat nou as dit ‘n bogger-op is? Maar Willie het gesê dit sal nie wees nie. En dit was nie. Ek kan vandag, hier aan die einde van Oppiwa, net uit my eie ondervinding praat. Ek het die feestelkheid só beleef: Ek is gister vroeg-môre op. Almal het nog ingelê toe die mooi van Jacobsbaai, sy see en sy natuurskoon weereens in …
lees meer


Borge

Nuusbrief

Teken in op die Oppiwa Nuusbrief om vroegtydig verwittig te word van kaartjie beskikbaarheid.
Naam
Epos

Facebook

Switch to our mobile site